CrimeNews

Honde vergiftigings neem toe

Een hond na die ander word in Ga-Nala (Kriel) vergiftig.

Een hond na die ander word in Ga-Nala (Kriel) vergiftig.

In die jongste geval is me. Chantell Doubell se varkhond gedurende die nag tussen 12 en 13 Februarie vergiftig.

“Iemand het die buurman oorkant my se Jetski gedurende die nag gesteel. Die oom het wakker geword en gesien die hek is oop en verder op in die pad is ’n wit bakkie,” het Chantell gesê.

LEES OOK

Honde vergiftig vir motorfiets

‘Two step’, die wals van die dood

Toe haar man ongeveer 04:00 werk toe gaan is hy nie soos gewoonlik deur al hul varkhonde gegroet nie, Shadow was weg.

Toe hulle die hond soek het hulle op hom afgekom. Hy was reeds dood.

“Dis so onnodig. Hierdie is nie net honde nie, hulle is soos ons kinders,” het Chantell gesê.

Donderdag 8 Februarie is me. Cindy-Lee Kruger se Jack Russel ook vergiftig.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button