
Riool in Blanchville is steeds ’n probleem nadat dit telkemale al aan die munisipaliteit gerapporteer is.
’n Inwoner van die area het gesê dat die probleem op die hoek van Adela- en Secondstrate reeds vir maande ’n oogseer is.
Nog rioolprobleme in Blanchville word in Raadsaalstraat ondervind. Die riool stroom glo by die mangate uit, en volgens die inwoners is dit net vir ongeveer ’n dag opgelos dan begin dit weer.
LEES OOK
Riool-dilemma sal opgelos word
Mnr. Roy Cronjè, DA-raadslid van die wyk is ook glo in kennis gestel. Hy is deur WITBANK NUUS gekontak maar het nog geen terugvoer gehad rakende die probleme nie.
Geen terugvoer is ook van die munisipaliteit ontvang nie.
