MunicipalNews

Groot sloot ’n Gevaar vir leerlinge

Die sloot voor Laerskool Panorama is ’n groot bekommernis vir die onderwysers asook die ouers van dié skool.

Die sloot voor Laerskool Panorama is ’n groot bekommernis vir die onderwysers asook die ouers van dié skool.

Die sloot is glo Vrydag, 8 Junie gegrawe omdat die plaaslike munisipaliteit ’n waterlek wou herstel. Die munisipaliteit het egter nooit die sloot toegemaak nie en is dit steeds ’n gevaar vir die leerlinge.

WITBANK NUUS het die plaaslike munisipaliteit verwittig van die probleem en die woordvoerder, mnr. Kingdom Mabuza, het bevestig dat hy ’n span sal uitstuur om die probleem op te los.


Die sloot wat Vrydag, 8 Junie, voor Laerskool Panorama gegrawe is.

Hy het gesê dat dit onaanvaarbaar is vir werkers om die sloot oop te los.

Teen Dinsdagmiddag, 12 Junie, was die sloot egter steeds onaangeraak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button