CrimeNews

Huise is steeds die nommer 1 pitstop

Inwoners in Fleurlaan het talle selfone en huishoudelike ware verloor nadat inbrekers hul sakke vol gestop het.

Inwoners in Fleurlaan het talle selfone en huishoudelike ware verloor nadat inbrekers hul sakke vol gestop het.

Op Woensdag 6 Junie het ’n man wakker geword en badkamer toe gegaan. Hy het gesê dat hy iemand in die gang gehoor het en gedink dat dit een van sy familielede is, maar gesien het dis vreemde mans in sy huis.

Die twee verdagte mans het die slagoffer glo op die bank laat sit en ’n kombers oor sy kop getrek, met ’n geweer wat in die slagoffer se rigting wys.

LEES OOK

Vrou voor haar huis oorval

Verdagte duik deur venster om vrou te roof

Die verdagtes het toe vrae begin vra, soos hoeveel mense in die huis bly en waar die selfone is. Die slagoffer is glo met kabelbande vasgemaak en die verdagtes is deur die huis.

Hulle het glo met ’n sak uitgekom en is te voet weg. Die slagoffer is deur familie losgemaak en ’n saak van huisbraak is by die polisie geopen.

Geen arrestasies is gemaak nie en die eienaar van die huis was nie beskikbaar vir kommentaar teen druktyd nie.

Ses selfone, televisie, dvd-speler en ’n rekenaar is tydens die inbraak gesteel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button