Bloed vloei vir goeie doel by Hoërskool Generaal Hertzog
Die bloeddiens kon uiteindelik 23 eenhede bloed insamel waarmee talle lewens gered kan word.
Hoërskool Generaal Hertzog se saal is op 12 Augustus in ’n bedrywige bloedskenksentrum omskep toe die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) die skool besoek het.
Leerlinge en onderwysers het letterlik die moue opgerol en hul deel gedoen deur bloed te skenk.

Die SANBD-span was slaggereed en het gesê dié dag saam met die skool, wat ook as die Manjifieke Maroen bekend staan, was gewis een vir die boeke.
LEES MEER Taalfees se twee skyfskietskuts is reg vir SA’s.
Die bloeddiens kon uiteindelik 23 eenhede bloed insamel.

Met elke eenheid wat tot drie lewens kan red, het die skool weer eens gewys dat sy omgeehart sterk vir die gemeenskap klop.
LEES MEER Brandon is nog nie wakker nie – familie vra vir aangehoue gebede
Die bloeddiens het elkeen bedank wat op dié dag gehelp het om ’n verskil te maak.
Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,
Volg ons op website, Facebook, X, Instagram or TikTok
Epos: info@witbanknews.co.za