MunicipalNews

16 dae in die donker

Op 25 Junie het die krag van die Du Plessis huishouding afgegaan en dit het steeds nog nie weer aangekom nie.

“Vandag is dit al 16 dae wat ek en my vrou sonder krag sit, vir 16 dae sit ons al in die donker,” vertel mnr. Charl du Plessis.

Op 25 Junie het die krag van die Du Plessis huishouding afgegaan en dit het steeds nog nie weer aangekom nie.

“Ek en my vrou bly al vir 32 jaar in die huis en vir 32 jaar het ons getrou ons rekeninge betaal, selfs nou terwyl die krag af is betaal ek my rekening,” het mnr. Du Plessis vertel.

Mnr. Du Plessis het’n elektrisiën laat uitkom om dieoorsaak van die probleem te prober oplos.

“Die man het dadelik bevestig dat dit ’n kabelfout moet wees,” verduidelik mnr. Du Plessis.

Du Plessis het die probleem op hul buurtwaggroep gerapporteer en mnr. Stanley White asook mnr. Clive Hatch het dit opgedra aan die plaaslike munisipaliteit. Na bewering het die munisipaliteit gesê dat hulle die saak sal opvolg en ’n span sal stuur om die probleem te herstel.

LEES OOK

Reën en trane is die enigste vorm van water in eMalahleni

Suid-Afrika, nie ‘n land vir sissies nie

Op 9 Julie omstreeks 15:30 het twee lede van die munisipaliteit kom ondersoek instel nadat mnr. Stanley White die saak as ’n los kabel gerapporteer het.

“Hulle het seker gedink dit gaan ’n vinnige ‘fix’ wees daarom het hulle gekom, maar dit is duidelik dat toe hulle besef dis ’n groot fout en baie werk, hul net nie belang gestel het om dit te herstel nie,” vertel Du Plessis.


Olie lampe wat gebruik word vir beligting in die aand.

“Sedert 25 Junie kos die brandstof vir my opwekker my al R960, dit is baie geld om te betaal vir ’n pensionaris,” vertel Du Plessis.

“Die krag wat af is, is nie die groot probleem nie. Ek en my vrou het geleer om rondom dit te werk en daarmee saam te leef. Wat my gat wel krap, is hoe min die munisipaliteit omgee,” het Du Plessis vies vertel.

“Die plaaslike munisipaliteit is so stil soos die graf”

Hulle het ’n gasstoof aangeskaf waarop hulle kos en water kook.

“Ons kook genoeg water vir ons om mee te bad, so ons is darem nog skoon,” het Du Plessis grapperig vertel.

“Die positief van die saak is dat ek en my vrou Fat Cake City opgespoor het en ons het hulle heerlike kos ontdek,” grap Du Plessis. “Ongelukkig moes ons baie van ons vleis uitdeel aan mense in ons buurt omdat dit by ons sou vrot raak.”

WITBANK NUUS het ook die munisipaliteit in kennis gestel en die saak gerapporteer.

Om 16:00 Dinsdag, 10 Julie het munisipale beamptes by die Du Plessis woning opgedaag en kon die Du Plessis’s Dinsdagaand vir die eerste keer ’n lekker warm stort met die ligte aan vat.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button