Kos altyd welkom by ‘ons winkel’
‘Ons winkel’ staan slaggereed om ’n helpende hand by te sit.

‘Ons winkel’ staan slaggereed om ’n helpende hand by te sit. Maar hulle vra ook soms vir skenkings om die in nood, te kan help.
Hulle het besluit om vir Mandela dag pannekoek te bak en te verkoop om fondse in te samel. Die was verkoop vir R5 elk en hulle is dankbaar vir elke ondersteuner.
Dinge wat hul wel nog kort is natuurlik altyd, nie-bederfbare kos soos olie, blikkieskos en meer.
Ander items sluit in: skoonmaakgoed, toiletware soos sanitêre doekies, seep, onderarm smeer en meer.
LEES OOK
Helpende Hand vestig hul eie basiese gesondheidsorgsentrum
Helpende Hand neem kospakkies na Highveld Steel
Handdoeke is ook altyd welkom en so ook komberse teen die bittere koue. Beddens of matrasse word altyd beslis met ope arms ontvang.
Hulle kort ook dringend rakke wat teen die muur opgesit kan word om hul skenkings uit te stal.

Me. Helene Schoeman.
Hul doen veral ’n beroep op die publiek om na hul winter skoolklere te kom kyk, asook matriekafskeidrokke teen spotgoedkoop.
Hulle is in die Wersea-sentrum geleë, in die vorige Lorent winkel.
“Ons kort meestal suiker, koffie en tee,” het me. Helene Schoeman het gesê.
