Geen teken van ‘STOP’ vir ongelukke
Stoptekens op die hoek van Hofmeyer- en Claredonstraat lei na twee ongewenste ongelukke wat wel verhoed kon word mits stoptekens in plek was.

Stoptekens op die hoek van Hofmeyer- en Claredonstraat lei na twee ongewenste ongelukke wat wel verhoed kon word mits stoptekens in plek was.
“Die onderhoud van publieke paaie kos die plaaslike munisipaliteit derduisende rande elke jaar wat kwaadwillige beskadiging en diefstal van padverkeerstekens insluit,” sê mnr. Kingdom Mabuza, woordvoerder van die munisipaliteit.
Die vierrigtingstop op die hoek van Hofmeyer- en Claredonstraat is net een van die plekke in eMalahleni wat geen stopteken in sig het nie.
Twee ongelukke het op 27 Julie die erns van die saak net weereens onder die munisipaliteit se aandag gebring.
Die eerste voorval was in die vroegoggend toe twee voertuie, onder andere ’n Hyundai en Volkswagen teen mekaar gebots het.
Albei drywers het bevestig dat die ongeluk veroorsaak is deur geen indikasies van stoptekens nie. Gelukkig is niemand in die botsing beseer nie.

Enkele ure na die eerste voorval het nog ’n botsing op dieselfde interseksie plaasgevind.
LEES OOK
Padgebruikers word gewaarsku teen ‘beplande’ ongelukke in die pad
Drie ongelukke in minder as ’n uur
“Ek het in die straat afgery en die aankomende voertuig sien aankom. Daar was geen indikasie van ’n stopteken vir my nie en het ek voortgegaan,” het die bestuurder bevestig.
Die ander voertuigbestuurder het presies dieselfde gesien gebeur en ook geen stop indikasie van sy kant afgesien nie en is toe ongelukkig in die ander voertuig vas.
Geen beserings is opgedoen in die ongeluk nie.
Mabuza het ten slotte gesê,
“die beskadiging of verwydering van padtekens is ’n misdaad wat in ’n ernstige lig beskou word en as die verdagtes gevang word, sal hulle in hegtenis geneem en beboet word.”
Wat het die munisipaliteit aan die saak gedoen?
“Soos ons in kennis van die probleem gestel is, is daar dadelik nuwe stop indikasies op die pad van die vierrigtingstop in Hofmeyer- en Claredonstraat geverf,” het Mabuza bygelas.

Wat word van die stoptekens?
Volgens Mabuza word padtekens bekrap, gesteel, gespuitverf of gebreek en weggedra. Die skade is nie bloot finansieel nie soos die verwydering van stoptekens deesdae die teiken van vandale is.
Waar kan inwoners sulke misdaad rapporteer?
Skakel die plaaslike munisipaliteit se verkeersdepartement by 013 690 6383, die munisipale hoofkantoor by 013 690 6911 en Witbank Polisiestasie by 013 655 5052.
Plaaslike buurtwagte kan ook in so situasie assisteer.
