Local newsNewsBreaking News
NUUS FLITS – Vlamme het die huis op Leeupoort gevul
Die eienaar en inwoners van ’n plot in die Leeupoort gebied is amper haweloos gelos nadat ’n huisbrand ontstaan het.

Die eienaar en inwoners van ’n plot in die Leeupoort gebied is amper haweloos gelos nadat ’n huisbrand ontstaan het.

Op Donderdag, 18 Oktober het die huis van mnr. Christo en mev. Elize Potgieter vlam gevat.
LEES OOK
‘Ek het op my maag gelê en die vlamme geblus’
Vlamme kan geskiedenis nie uitwis nie

“Ons was almal buite by die swembad toe my vrou skree dat sy rook by ons dak sien uitkom,” het mnr. Potgieter vertel.
“Binne sekondes was die hele boonste vertrek amper gevul met vlamme.”

Verskeie ander inwoners van die Leeupoortplotte sowel as die brandweerdienste het na die toneel gejaag om die vuur te blus.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
