NewsSchools

98% vir HTS

HTS Witbank se toppresteerder in 2018 is Lian Opperman met ’n merkwaardige ses onderskeidings.

HTS Witbank het weereens uitgehaal en gewys.

Die blou skool het ’n uitmuntende 98% slaagsyfer behaal in 2018.

Die matrikulante het ’n totaal van 155 onderskeidings behaal.

HTS Witbank se toppresteerder in 2018 is Lian Opperman met ’n merkwaardige ses onderskeidings.

Hy het onderskeidings behaal in Engels Eerste Addisionele Taal (85%), Wiskunde (91%), Lewensoriëntering (90%), Igenieursgrafika en Ontwerp (88%), Lewenswetenskappe (92%) en Fisiese Wetenskappe (98%).

Lian het ’n gemiddeld van 89% behaal.

Ivan Beck het ’n totaal van 5 onderskeidings behaal.

Ivan Beck het vyf onderskeidings behaal.

Hy het onderskeidings in Engels Eerste Addisionele Taal (84%), Lewensoriëntering (89%), Rekeningkunde (88%), Igenieursgrafika en Ontwerp (88%) en Fisiese Wetenskappe (84%).

André Fourie spog ook met vyf onderskeidings.

André Fourie het vyf onderskeidings behaal.

Hy het onderskeidings behaal in Afrikaans Huistaal (83%), Engels Eerste Addisonele Taal (80%), Lewensoriëntering (91%), Geografie (85%) en Fisiese Wetenskappe (81%).

Michelle Smit spog met vier onderskeidings, sy het onderskeidings behaal in Engels Eerste Addisionele Taal, Lewensoriëntering, Dans Studies en Ingenieursgrafika en Ontwerp.

Qhubekani Mangele het ook vier onderskeidings behaal.

Hy het onderskeidings vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal, Lewensoriëntering, Siviele Tegnologie en Fisiese Wetenskappe.

Nog vier onderskeidings is deur Mbongiseni Mavuso behaal.

Sy het onderskeidings vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal, Lewensoriëntering, Rekeningkunde en Rekenaartoepassingstegnologie.

Die vierdie leerder wat ’n pragtige vier onderskeidings behaal het is Karabo Mokgere.

Hy het onderskeidings behaal in Afrikaans Eerste Addisionele Taal, Lewensoriëntering, Meganiese Tegnologie en Fisiese Wetenskappe.

Die leerders wat drie onderskeidings behaal het is Timothy Arends, Michael Bezuidenhout, Marko Botes, Lovaine Herman, Ané Kotze, Marque van Tonder, Danielle Wallis, Verné Mckok, Melissa Okhuis en Gerhard Pretorius.

Hierdie uitslae is weereens ’n bewys dat akademie koning kraai by die blou skool.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button