
Hoërskool Generaal Hertzog se 2018 matriekklas maak trots.
Met ’n slaagsyfer van 95.2%, 92 onderskeidings en 88.4% van leerders wat kwalifiseer met universiteitstoelating, wys HGH weereens hul hoë standaard.
“Ons kinders verlaat skool goed toegerus met die waardes wat hulle werklik in die lewe gaan nodig kry om ’n ware sukses te maak van wat ook al hulle in die lewe teëkom. Ons akademiese toppresteerders is ook baie goed gebalanseerde kinders wat presteer op sport- en kultuurgebied. HGH se besigheid is opvoeding van kinders tot volwaardige, verantwoordelike jong volwassenes,” het HGH personeel trots bygelas.
Vier leerlinge van die 2018 matriekklas spog met vier onderskeidings elk.
Natasha Bekker kry onderskeidings in Afrikaans, Engels, Lewensoriëntering en Visuele Kuns.
Shané Mieny kry onderskeidings in Engels, Wiskunde Geletterdheid, Lewensoriëntering en Toerisme.
Revashen Padayachy spog met onderskeidings in Rekeningkunde, Lewenswetenskappe, Geografie en Lewensoriëntering.
Anzelle Steyn spog nie net met vier onderskeidings in Engels, Lewenswetenskappe, Geografie en Lewensoriëntering nie, maar is ook HGH se topleerder van 2018 met ’n gemiddeld van 80.7%.
Met drie onderskeidings elk is: Augustine Themba Nhlapo wat presteer in Afrikaans, Lewensoriëntering en Lewenswetenskappe.
Angelique de Jager met onderskeidings in Engels, Lewensoriëntering en Lewenswetenskappe.
Tebogo Dolamo presteer in Lewenswetenskappe, Lewensoriëntering en Geografie.
Rupali Maharaj verkry onderskeidings in Lewensoriëntering, Lewenswetenskappe en Afrikaans en Ruan Odendaal spog met onderskeidings in Drama, Lewensoriëntering en Engels.
