Laerskool Klipfontein gaan vir die volgende sewe jaar drie pare tweelinge huisves.
Op Woensdag, 9 Januarie het drie pare tweelinge die skool se hekke binnegestap om hul skoolloopbaan te begin.
Nie net is dié drie pare tweelinge nie, maar identiese tweelinge. Die onderwysers gaan hul hande vol hê om te bepaal wie is wie.
Daar is ’n paar dinge wat tweelinge baie uniek en interessant maak.
Al is hul identies en het hulle dieselfde DNS (Deoksiribonukleïensuur) het elke persoon steeds sy eie unieke vingerafdrukke.
Self van voor geboorte af is tweelinge reeds maats.
Daar word bewys dat tweelinge al in die baarmoeder met mekaar kommunikeer.
Ongeveer 40 persent van tweelinge wêreldwyd ontwikkel ’n geheime taal wat net die tweetjies sal verstaan.
Om ’n identiese tweeling te hê is ’n rare gebeurtenis en dit gebeur slegs net by een uit elke 250 swangerskappe.
Mens moet altyd onthou dat identiese tweelinge nie 100 persent identies is nie, daar sal altyd ’n manier wees om hulle van mekaar af uit te ken.
Kyk vir goed soos geboortemerke en selfs na hul naeltjies.
Persoonlikhede verskil ook gewoonlik so mens sal maklik kan identifiseer wie is wie as jy die tweetjies goed genoeg ken.
Die tweelinge wat by Laerskool Klipfontein aangesluit het is Anchené en Elmoné Meyer, Enenkosi en Zibusoso Mazibuko en die rooikop tweeling Lihan en Ethan du Preez.
Soos Vinkel en Koljander sal die pare tweelinge deur die lewe se draaie en swaaie stap, gelukkig is daar dan om elke hoek en draai ’n maatje vir ’n praatjie.
