Hertzog se atlete het aan die Top 15-byeenkoms te Hoërskool Hoogenhout deelgeneem.
Hier staan die atlete hul man en behaal puik uitslae op 30 Januarie.
Enkele hoogtepunte vir die dag sluit in: Lydia Willsenach behaal ’n tweede plek vir dogters o.17 spiesgooi, Omolemo Molefe wen die hoogspring vir dogters o.15 met ’n hoogte van 1,56 meter.
Ntando Nkosi wen die goue medalje vir dogters o.15 spiesgooi met ʼn afstand van 36,57 meter en Cheyanne Ensor is Hertzog se topatleet met ʼn puik prestasie in hoogspring vir dogters o.14.
Sy spring ʼn hoogte van 1,59 meter en dit gee vir haar ʼn allemintige 1 000 punte uit die moontlike 1 200 op die ABSA tabel.
Op Vrydag, 1 Februarie het al Hertzog se atlete vertrek na Groblersdal om teen Hoërskool Ben Viljoen, Hoogenhout en Curro Heuwelkruin aan ’n vriendskaplike byeenkoms deel te neem.
Die byeenkoms het later as beplan begin as gevolg van swaar reën en weer.
Vir dieselfde rede is alle hekkie- en hoogspring-items gekanselleer.
Nogtans het Hertzog se atlete hulle staal gewys en puik presteer.
Verskeie atlete behaal hulle persoonlike bestes en word geplaas in die Top 4 van elke item.
Die topatlete van die dag was Omega Hani vir sy prestasie in seuns o.14 verspring, Wernu Riekert met sy afstand in seuns o.15 skyfwerp en Gift Sibanyoni vir sy tyd in die 100 meter seuns o.15.
Die atlete berei met ywer voor en fokus op Interhoër wat op 16 Februarie te Volksrust plaasvind.
