Die bobaas bloues het weereens bewys hoekom hulle die skool van keuse is in eMalahleni.
Op Woensdag, 30 Januarie het leerders aan die Top 15 Atletiek deelgeneem te Bethal, waar die atlete briljant gevaar het.
Die blou skool het 11de uit 38 skole geëindig en skitterende goue en silwer medaljes huis toe gebring.
Die volgende sewe leerders was verantwoordelik vir hoendervleismooi atletiek: Ruduan Roux is tweede vir die 800 meter en het eerste plek behaal in die 1 500 meter.
Charmain Fourie behaal tweede plek in die 400 meter en eerste plek in die 800 meter.

Pieter Henrico behaal tweede plek in diskus en Neo-Leigh Pieters behaal eerste plek in die 100 meter hekkies en eerste plek in plek in die 200 meter.
Jeanika Barnard het tweede plek behaal in die 200 meter en S’phamandla Masilela is tweede in die 110 meter hekkies.
Danette Swiegers is tweede in diskus.
Ons bloubloed borrel van trots met sulke puik resultate.
Sterkte aan die leerders en betrokke afrigters vir die laaste voorbereiding vir die Hoëveld-Interhoër.
Ons weet julle gaan ons skool se naam hoog hou.
