Die stank in Tasbetpark raak nou een te veel vir die inwoners om te hanteer.
Inwoners het hul kommer uitgespreek oor die stank wat die area daagliks vul en ook die gesondheidsgevaar wat dit vir die leerders van ’n nabygeleë skool inhou.
Die rioolprobleem het glo verlede jaar ontstaan en die stadsraad doen glo niks in dié verband nie.
“Ons kinders se gesondheid ly daaronder, dit is naby die skool en ’n woongebied,” het een van die inwoners gesê.
Die probleem is na die kommunikasiebeampte van die stadsraad gestuur, maar geen terugvoer is ontvang teen druktyd nie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
