Oud-rugbymanne gesoek vir reünie
Suidoos-Transvaal rugby-unie het in die beginjare met duifgrys truie gespeel met ʼn varkoor as sy kenteken.

Mpumalanga rugby-unie, wat in 1969 gestig is, is vanjaar 50 jaar oud.
Die unie het sy beslag gekry nadat wyle dr. Danie Craven en wyle ds. Punt Janson van die Hervormde Kerk op Witbank, samesprekings gevoer het oor die begin van ’n rugby-unie in Suidoos-Transvaal.
Suidoos-Transvaal rugby-unie het in die beginjare met duifgrys truie gespeel met ʼn varkoor as sy kenteken.
Om die verjaardag te vier, word daar ʼn reünie van oud-spelers op 3 Augustus op Nelspruit gehou, wanneer die Pumas en Haaie in ʼn Curriebeker-wedstryd kragte meet.
Daar word na oud-spelers en -beamptes van veral Suidoos-Transvaal, maar ook die Pumas gesoek.
Spelers kan die kaptein van die 1983-span wat die Westelike Provinsie op Witbank geklop het, Richard Cooke, by 083 263 6938 kontak of Tobie van den Bergh by 072 220 1568 of tobie@mobserver.co.za.
Arrie Myburgh, wat vele wedstryde vir die Blesbokke, Suidoos se B-span, gespeel het, help met die reëlings.
Sy kontakbesonderhede is 082 786 5894 of arriemyburgh@gmail.com of Gert la Grange, losskakel van die 1983-span by 083 702 5163.
