Local newsNews

Wen kaartjies vir Radio Raps

Lang Storie Kort handel oor die erns van die lewe waaroor ons eintlik kan ontspan, asook dinge wat ons oorsien waarop ons eintlik meer aandag kan gee

Almal kan doen met lekker lag gedurende hierdie bizarre tye; watter beter manier om al jou probleme te vergeet as ’n aand van komedie met Jonathan van Radio Raps.

Jonathan tree op 27 Julie by Tsogo Sun The Ridge op. Dit begin om 19:00 en kaartjies is R150 elk.

Lang Storie Kort handel oor die erns van die lewe waaroor ons eintlik kan ontspan, asook dinge wat ons oorsien waarop ons eintlik meer aandag kan gee.

Jonathan is nie gewild bloot omdat hy snaaks is nie, maar hy gebruik sy sin vir humor om menings oor lewensverwante en relevante sake te deel.

Jonathan open gedagtes, inspireer sy gehoor, bring sosiale bewustheid en verander perspektiewe.

Wanneer hierdie eienskappe kombineer, is die uitkoms buitengewoon betekenisvol en roerend.

Geen onder 16s toegelaat.

Bespreek jou kaartjie by Computicket.

The Ridge bederf een van ons lesers met ’n dubbelkaartjies.

Al wat jy moet doen om die kaartjies te wen is ‘Like’ ons blad, ‘Tag’ ’n klomp vriende en ‘Share’ die blad natuurlik.

Wenners sal op 25 Julie aangekondig word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button