Help ’n bejaarde weer hoor
Hulle kan ook nie meer lekker gesels met familie en vriende nie, wat hulle baie geïsoleerd en eensaam laat voel
ʼn Eenvoudige uitstappie na iets so algemeen soos ʼn winkel, word vir ’n bejaarde ʼn nagmerrie, aangesien hulle onder meer nie met die winkel se personeel kan kommunikeer nie.
Hulle kan ook nie meer lekker gesels met familie en vriende nie, wat hulle baie geïsoleerd en eensaam laat voel.
Ouderdomsverwante gehoorverlies vind meestal in beide ore plaas, wat veroorsaak dat bejaardes dit nie eens altyd besef dat hulle stelselmatig al hoe minder kan hoor nie.
Gehoorverlies veroorsaak dat bejaardes nie meer goed kan reageer op waarskuwings, telefone wat lui, deurklokkies en selfs ook rookalarms nie.
“Gehoorverlies is ʼn algemene probleem en bykans die helfte van alle persone bo 75 sukkel met gehoorverlies,” het Benette Rautenbach, projekorganiseerder by Helpende Hand, gesê.
Volgens Benette het ʼn onlangse studie wat deur Helpende Hand gedoen is, bevind dat medikasie en dié eenvoudige mediese apparaat van die grootste behoeftes onder bejaardes is.
“Die studie het getoon dat slegs 27% van bejaardes ʼn pensioen buiten die maandelikse SASSA-toelaag ontvang en ʼn skokkende 57% van dié bejaardes beskik nie oor ʼn mediese fonds nie,” het Benette bygevoeg.
Sy behartig die toetsing en passing teen ’n spesiale tarief vir die Helpende Hand projek.
Vir meer inligting, of om aansoek te doen, of om ’n tweedehandse gehoorapparate te skenk, skakel Michelle Viljoen,voorsitter van Solidariteit Helpende Hand Witbank: 083 285 8875.
