Helpende Hand sorg vir almal
Breinaald, hul nasionale projek het gesorg vir kinder opgewondenheid toe die kinders gebreide teddiebere ontvang het
Helpende Hand het natuurlik ook hul bydrae gelewer tydens Mandela Dag.
Dié dag word regoor die land gevier, op 18 Julie en vanjaar was niks anders nie.
Lede van Helpende Hand het na eMalahleni Privaat Hospitaal gegaan om teddiebere, kombers en meer uit te deel vir die siek kinders in die pediatriese eenheid.
Breinaald, hul nasionale projek het gesorg vir kinder opgewondenheid toe die kinders gebreide teddiebere ontvang het.
Tydens die projek skenk die gemeenskap wol en hierdie wol word aan bejaardes geskenk om kombersies, speelgoed, mussies en dies meer te brei.
Hierdie projek is tweeledig aangesien dit die bejaardes besig hou en die gebreide goedjies weer aan Helpende Hand geskenk word om armoede te verlig, verbreek en te voorkom.
“Ons het ’n groot skenking van gehekelde en gebreide speelgoed geskenk gekry en ons wou graag iets spesiaal doen vir die siek kinders in hospitale in ons gemeenskap. Ons het besluit om hierdie ons Mandela Dag projek te maak,” het Michelle Viljoen van Helpende Hand Witbank gesê.
