Local newsNews

Kom proe ’n krokodil sosatie

Kom en geniet die heerlike basaar met die gemeente op 3 Augustus vanaf 08:00

Die Nederduitsch Hervormde Gemeente Witbank-Suid hou basaar.

Kom en geniet die heerlike basaar met die gemeente op 3 Augustus vanaf 08:00.

Bederf jouself met pannekoek, vetkoek, kerrie en rys, poeding, tuisgebakte koeke, beskuit en kleinkoekies.

Vir die meer brawe mense sal daar krokodil op die spit wees en almal word genooi om krokodil sosaties asook pap en vleis te kom geniet. Daar sal ook kwaliteit boerewors en vleis te koop wees.

’n Oulike braaier kan ook gewen word. Die kerk is op die hoek van Sturdeelaan en Jansenstraat geleë.

Vir inligting skakel ds. Liza Jansen: 013 656 5912 of Willie van Dyk: 082 887 5403.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button