Verkragting in Klipfontein
Die meisie het beweer dat sy die verdagte wat haar verkrag het ken en dat hy haar by ’n sekere gastehuis verkrag het

Die afgelope week is twee meisies onder andere ’n 14-jarige en 16-jarige glo verkrag in die Klipfontein-area.
Op 20 Julie het ’n ma en haar dogter opgedaag by Witbank Polisiestasie na die 14-jarige glo die vorige aand, 19 Julie, deur ’n vriend verkrag is.
Die meisie het beweer dat sy die verdagte wat haar verkrag het ken en dat hy haar by ’n sekere gastehuis verkrag het.
In die ander voorval het ’n 16-jarige meisie beweer dat sy glo verkrag is deur een van haar vriendinne se vriende die aand van 20 Julie.
Dit word verder beweer dat die meisie by ’n partytjie was toe die ‘vriend’ haar na ’n kamer gevat het en die deur gesluit het.
Hy het haar toe glo uitgetrek en verkrag.
Twee aparte sake van verkragting is geopen by die polisiestasie.
