Local newsNews

Skaapkoppe laat die geld inrol

Dit is presies wat SAVF Immergroen se bar-aand beteken het – Een reuse sukses.

Kombineer beesstert, afval en rooibok-disse saam met uitmuntende musiek, goeie wyn en geselskap en jy het ’n wenresep.

Dit is presies wat SAVF Immergroen se bar-aand beteken het – Een reuse sukses.

Gaste het op 26 Julie al te lekker gesmul aan dié heerlike disse terwyl die tenoor Kevin Leo vir vermaak gesorg het.

“Ons bedank almal vir hul betrokkenheid, van die wat tafels ‘gekoop’ het, tot die wat bydraes gemaak het, baie dankie. Sonder julle sou die bar-aand nie moontlik wees nie. Die fondse wat gegenereer is gaan gebruik word om die Herberg, groengang en geelgang uit te verf en op te knap,” het mnr. Martin Coetzee, SAVF Immergroen tehuis bestuurder gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button