MunicipalNews

‘Doen julle werk en ons sal ophou kla’

Dit was net een van die talle probleme wat uitgewys is

Dit voel deesdae vir die inwoners van eMalahleni soos Kersfees aangesien die munisipaliteit begin werkmaak van al dié soort klagtes wat ontvang is deur die jaar.

Maar waarom dan nog klagtes?

Dit het onder die WITBANK NUUS se aandag gekom dat menige inwoners baie dankbaar is vir die dienste wat gelewer word, maar ongelukkig is omdat na die dienste uitgevoer is, daar nie skoongemaak word nie.

In die eerste geval het mnr. Neil Schoeman wat in Duvhapark woon aan die WITBANK NUUS gaan wys hoe dit voor sy buurvrou se oprit lyk na die munisipale werkers waterpype wat ’n paar maande terug gebars het, gaan regmaak het.

“Hulle het wel bevestig dat die probleem opgelos is, maar van die opruim na hulle aan die probleem gewerk het, het niks gekom nie. So jy kan sien die dame se plaveisel van haar oprit is uitgehaal en nooit teruggesit nie,” het hy gesê.

Dit was net een van die talle probleme wat uitgewys is.

Hy meen dat, “herstelwerk soms gedoen word van die munisipaliteit se kant af, maar dan is dit asof die probleem net vererger na die ‘herstelwerk’.”

Die ander klagte wat ontvang is deur ’n inwoner wat woonagtig is in Ben Fleur is dat die paaie herstel word, maar dat daar ook nie opgeruim word na die tyd nie.

“Kyk al die hope ou teer wat langs ons strate lê. Hulle het sowat twee weke terug aan die pad gewerk en steeds lê hierdie hope hier langs die pad,” het die moedelose inwoner gesê.

WITBANK NUUS het aan die munisipale woordvoerder, mnr. Lebo Mofokeng vrae oor die klagtes gestuur asook geskakel, maar kon nie voor druktyd enige terugvoering oor die probleem kry nie.

“Darem word daar iets gedoen na al die jare se soebat en smeek, maar kan hulle nie vir eens net die werk van begin tot einde doen nie? Want dit is wanneer ons betalende inwoners gaan ophou ‘moan’ oor die slegte dienslewering,” het Erika Visser, ook ’n inwoner van bogenoemde buurt ten slotte gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button