Ons het die gelofte met trots herdenk
Die slag staan bekend as ‘Die Slag van Bloedrivier’.
Die gelofte wat op 16 Desember 1838 afgelê is, word steeds herdenk.
’n Paar dae voor die slag plaasgevind het, het die Voortrekkers daagliks ’n gelofte afgelê dat indien God hulle sou help, sou hulle en hulle nageslag daardie dag soos ’n Sabbatdag herdenk, en die eer van oorwinning sal aan God gegee word.

Elbie Nel saam met Loiesa, Izolda en Ansja Bennedell
Die slag staan bekend as ‘Die Slag van Bloedrivier’.
’n Sonstraal val elke jaar, 16 Desember op die granietsenotaaf in die Voortrekker Monument in Pretoria.
Afrikaners van eMalahleni het hul ossewaens ingespan en behoorlik die gelofte gevier.
Tradisionele Afrikanerdrag is deur beide die mans asook die dames en kinders gedra tydens ’n geloftediens in die Portuguese-saal.
