Local newsNews

Wat ‘as’… Word nissies met as opgebreek om te rook?

Kerke het na daardie voorval dadelik hulle sekuriteit opgegradeer om dié geliefdes se as in vrede te laat

Wat as jou geliefde se as gesteel word by die gedenkmuur waar jy die laaste stukkie van daardie persoon gebêre het?

Wat as dit gesteel is deur dwelmverslaafdes om te rook of ’n dwelmhandelaar om sy produk te vermeerder?

WITBANK NUUS het ondersoek gaan instel na ’n foto van Kriel begraafplaas op die lappe gekom het, waar nissies oopgebreek en leeg gelaat is by die gedenkmuur.

Kerke ly ook onder hierdie onmenslike misdaad maar nie naastenby soos die begraafplase nie.

’n man wat een van die plaaslike kerke in stand hou het aan WITBANK NUUS bevestig dat daar ’n kerk so paar jaar gelede onder dié booswigte deur is na twee nissies oopgebreek is.

Die werknemer wat verkies het om anoniem te bly het gesê, “Dit is vandalisme op die hoogste graad en onmenslik. Het hulle dan nie eers meer respek vir die dooies nie?”

Kerke het na daardie voorval dadelik hulle sekuriteit opgegradeer om dié geliefdes se as in vrede te laat.

Die ou Pretoriapad begraafplaas se gedenkmuur is al rot en kaal besteel.

“Die gedenkmuur bied die geleentheid om die as van jou naasbestaandes te kom plaas in die vorm van ’n nissie. Die nissie kan gekoop word met ’n gedenksteun wat aan die voorkant van die nissie geplaas word maar die kerke kan nie verantwoordelikheid neem vir enige vandalisme of skade nie,” het ’n plaaslike dominee bevestig.

Die nare realiteit is dat dwelmverslaafdes glo hierdie nissies oopbreek om die as saam ander dwelms te meng en te rook.

Daar word ook beweer dat dwelmhandelaars dié steel om hul produk te vermeerder.

Volgens die SAPD is die ’n misdaad en dat daar ’n saak van diefstal en beskadiging van eiendom oopgemaak kan word – as so ’n verdagte gevang kan word.

WITBANK NUUS kon ongelukkig niemand opgespoor het wat ’n slagoffer van die soort misdaad al was nie en vra die lesers om vorendag te kom as so iets al met hul gebeur het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button