Local newsNews
Gus se stem kort geen oefening nie
Gusmari Maritz het sosiale media groepe in die stad lekker laat lag met die video wat sy onlangs opgesit het. Ons deel die video graag met ons lesers.

Nie net het fiksheid-guru Gusmari Maritz genoeg stamina om vir ure een fiksheidsklas na die ander aan te bied nie, sy het ook ‘n stem.
Gus, soos sy by almal bekend staan, laat inwoners gewoonlik sweet tydens haar ‘Bootcamp, Zumba en MetaFit’-klasse, dit terwyl sy dit so maklik laat lyk.
Na ‘n paar ure se klasgee is daar nie eers n teken van ‘n bietjie sweet teen haar voorkop nie.
Sy het sosiale media groepe in die stad lekker laat lag met die video wat sy onlangs opgesit het. Ons deel die video graag met ons lesers.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
