NewsSchools

1 334 leerders van Kragbron het dit ‘Quarantine’ en ‘Jerusalema Challenge’ gedoen

Weens al die Covid-regulasies is dit lekker vir die leerders om skool te kan bywoon, maar tog is dit ook moeilik

Laerskool Kragbron het dit gedoen – 1 334 leerders het deelgeneem, die skool is so trots op elkeen! Mnr. Gerhard Smit (hoof) het gevoel dat die leerders die danspoging moet aandruf om te probeer help om die leerders se gemoed te lig. Weens al die Covid-regulasies is dit lekker vir die leerders om skool te kan bywoon, maar tog is dit ook moeilik. Die skool het gevoel dat só ’n dans kan help om die leerders weer positief te probeer maak met betrekking tot omstandighede en sommer al die grade te laat deelneem (vanaf graad R–7), dus moes daar genoeg tyd gegee word vir die grade om almal te kon oefen. Die skool het reeds toestemming ontvang om al die grade in te fasseer vanaf 8 Junie (graad 7) en die res het op 22 Junie ook teruggekeer, dus is al die leerders al vir ’n ruk terug by die skool. Graad R–3 het die ‘Quarantine Song’ gedoen en graad 4–7 ‘Jerusalema Song’. Dankie aan Ruan Smit (video-material), Hanru Vermaak (graad 2-leering van die skool vir die hommeltuig), borg vanaf SMT Engineering vir Twizza koeldranke (vir elke leerder) en Celeste Mouton Dansskool (choreografie en musiek vir dansiespassies uitgewerk vir leerders). Intussen het Laerskool Taalfees Laerskool Kragbron uitgedaag en met ’n goeie gees het hulle dit aanvaar.

Sien video hier:

https://www.facebook.com/laerskoolkragbron/videos/342498813544211

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button