Local newsNews

Ons liefste eMalahleni – watter gemors

Voel die res van die gemeenskap soos diegene wat raadop is oor die feit dat hul in dié gemors moet bly?

Morsjorse is nie bang vir die wetstoepassers van Emalahleni Munisipaliteitse boetes nie en word gemakliker by die dag as dit kom by onwettige storting.

WITBANK NUUS het in 6 November se uitgawe berig oor die varkhok waarin inwoners moet bly, aangesien die munisipaliteit nie veel aandag gee aan die toestand van die Steenkoolstad nie.

Voel die res van die gemeenskap soos diegene wat raadop is oor die feit dat hul in dié gemors moet bly?

WITBANK NUUS het ondersoek gaan instel met die hulp van ons oë en ore in die gemeenskap en bevind dat daar op ’n daaglikse basis gemors onwettig gestort word.

Meeste van die morsjorse blyk besighede te wees.

Verder het nog lesers vorendag gekom en gewys hoe dit voor hul persele lyk na die munisipaliteit se vullistrokke daar was om die ‘rubbish’ skoon te maak.

“Let wel moes ons inwoners in Reynorif vir vier weke lank wag dat hulle ons swartsakke moet kom verwyder en in daardie tyd is al hierdie sakke keer op keer verskeur deur die sakgrouers of die beeste wat in die residensiële gebied wei,” het me. Joyce du Plessis gesê.

Nog ’n inwoner het haar foto’s van Dixonstraat gedeel ook waar sy genoem het hoe die area lyk na die munisipaliteit blykbaar klaar daar was.

“Of hulle doen nie hul werk nie of hul doen dit half, miskien moet ons inwoners ook net half betaal of net glad nie,” het Du Plessis verder gesê.

Die munisipale woordvoerder het tot dusver op geen vrae geantwoord vanaf WITBANK NUUS se vorige uitgawe nie.

Het jy foto’s of stories van die ‘varkhok’ in jou area?

Deel dit met WITBANK NUUS per e-pos aan chrisune@witbanknews.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button