Local newsNews

Koebaai 2020 en vaarwel vriendin

Karin Vorster was nie net vir dié tydperk deel van die Vroue Landbou-Unie nie, maar ’n volle 43 jaar.

Die Vroue Landbou-Unie se Soirée-tak het nie net finaal afskeid geneem van 2020 nie, maar ook van ’n hartsvriendin wat ’n pad van 10 jaar saam die Soirée-dames geloop het. Karin Vorster was nie net vir dié tydperk deel van die Vroue Landbou-Unie nie, maar ’n volle 43 jaar.

Die dames van Soirée het Karin vir ’n laaste keer omtrent bederf met ’n lekker afsluiting vir beide 2020 en vir haar wat Pongola toe verhuis na haar kinders.

“Ons gaan haar werklik mis, sy was nie net deel van ’n maandelikse samesyn nie, maar ook ’n groot deel in al ons dames se lewens. Vaarwel en voorspoed aan Karin, jou geselskap en gesiggie gaan vreeslik gemis word hier,” het Karin du Plessis ten slotte gesê.

Back to top button