Bekende rugbyspeler sterf in fratsongeluk
Nantes de Lange se liggaam is vanoggend 31 Januarie gevind
Die liggaam van ‘n man is vanoggend gevind na ‘n fratsongeluk. Die ongeluk het Saterdag 30 Januarie net buitekant Bronkhorstspruit plaasgevind.
Toe Nantes de Lange (33) nie opkom nie, het sy vriende na hom begin soek.

Die polisieduikers van Gauteng was op die toneel, maar die soektog is afgelas omdat sig byna onmoontlik was.
Nantes se liggaam is vanoggend 31 Januarie deur die polisieduikers met die hulp van die National Sea Rescue Institute Station 35 Witbank gevind.
“Baie dankie vir elke gebed, elke oproep en boodskap,” het me. Nanette Opperman Nantes se suster gesê.
Daar word gevra om die familie se privaatheid te respekteer en hulle kans te gee om tot verhaal te kom na die tragedie.
GESELS MET ONS
Deel jou nuuswenke met ons op WhatsApp – 060 866 8682
Instagram WitbankNews001
Twitter @WitbankN
