Local newsNewsUpdate

Krans dood – Nantes se begrafnis dié Saterdag

Hou WITBANK NUUS se Facebook-blad Saterdag dop as jy Nantes se begrafnis op sosiale media wil volg.

Nantes de Lange se begrafnis sal regstreeks op WITBANK NUUS se Facebook-blad gevolg kan word.

As gevolg van die streng Covid-19 regulasies mag net 50 mense dié privaat-roudiens bywoon wat Saterdag, 13 Februarie om 11:00 plaasvind.

Skokgolwe het deur die gemeenskap getrek nadat die bekend geword het dat dié bekende rugbyspeler en motorfietsryer op 30 Januarie dood is tydens ’n fratsongeluk.

Nantes het van ’n krans in die Bronkhorstspruit-omgewing gespring tot in ’n poel water. Hy het nie weer uit die water verskyn nie en ’n grootskaalse soektog het daarna plaasgevind om hom te vind.

Sy liggaam is die volgende oggend gevind.

Hou WITBANK NUUS se Facebook-blad Saterdag dop as jy die begrafnis op sosiale media wil volg.

Nantes sou vandag (8 Februarie) sy 33te verjaarsdag gevier het

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button