Local newsNews

Is ek reg?

Die harde werklikheid is dat virus, wat jy nie met die blote oog kan sien nie, jou hele lewe in ’n sekonde kan verander

Syfers het name geword, daardie name het bekendes geword.

Nog steeds steel Covid-19 lewens.

Die harde werklikheid is dat virus, wat jy nie met die blote oog kan sien nie, jou hele lewe in ’n sekonde kan verander.

Vrydagaand lees ek ’n dierbare vriend se vraag op Facebook raak, “Sjoe, ek wonder net!!! Is jou saak reg, indien jy vanaand sou sterf?”

Ek het Vrydagaand ’n erge hoofpyn ontwikkel en sommer vroeg gaan inkruip.

Pastoor Deon Scheepers se vraag het oor en oor in my gedagtes refrein. Is ons lewens soos ’n rekenaar geprogrammeer waar die ‘delete’ knoppie net gedruk kan word?

Ek het onlangs die stukkie raakgelees, “Ons is eintlik net toeskouers in ons eie lewensstories met ’n begin en vervaldatum. God bepaal wanneer wat met jou gaan gebeur, geprogrammeer tot in die fynste detail. En as jou strepie getrek is, is hy getrek.”

Dood het ’n vuishou geword wat jou wind uitslaan elke keer as jy hoor van nog iemand wat dood is aan Covid-verwante siektes.

Ons liggame het ’n oorlogsone geword waarin die goeie soldaatjies die slegte soldaatjies probeer keer.

Ons gedagtes het in ’n deurmekaar doolhof verander en ons bevraagteken ons eie geloof.

Genadiglik weet ek en jy nie wanneer ons vervaldatum is nie.

Ek het Vrydagaand lank geworstel met God en pastoor Deon se vraag.

As Vrydagaand vir my moeilik was, kan ek myself net indink hoe dit sou wees met die datum-swaard oor my kop.

My ‘bucket-list’ is nog ver van klaarmaak af.

En dit is juis daarom dat ons nie moet planne maak vir môre of oormôre of die dag daarna nie.

Ons moet ons ‘bucket-list’ elke dag uitleef.

Pastoor Deon, hou die beskuit reg ek kom die week by jou koffie drink, want ek het nog baie op die hart.

Deel jou nuuswenke met ons via:

Telefoon: 013 656 2490

WhatsApp: 060 866 8682

Epos: wtbnews@mweb.co.za

Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms:

     Instagram

     Twitter

    Witbank News App

     Facebook page

     Witbank News Breaking    

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button