Maak ’n sakkie vol en help CMR om ander te kan help
Maak ’n verskil op Mandela Dag, 18 Julie saam met CMR.
Jy kan hande vat saam Christelike Maatskaplike Raad (CMR) Witbank en ’n verskil maak vir iemand wat dit rerig nodig het.
CMR is ‘n welsynsorganisasie wat ‘n passie het het vir uitreikprojekte in die gemeenskappe.
Vir die jaar se Mandela Dag (18 Julie) vra hulle die gemeenskap op te help met hulle ‘Fill the Bag’ veldtog om goedjies bymekaar te maak vir mense wat dit nodig het.
Die sakkies kan enige benodighede bevat van produkte wat mense daagliks benodig (sien lys onder vir voorbeelde) of selfs klere en boeke.
Die pakkies kan afgegee word by CMR Witbank se kantoor, geleë te Hans Strydomlaan 70, Klipfontein (op die terrein van die NG Kerk Basileila-gemeente).
Vir meer inligting skakel 013 692 4862 of sms 083 951 0327.
Hier is ’n paar voorbeelde vir jou sakkie:
- Babadoeke
- Formule melk
- Wintersklere vir kinders en volwassenes
- Toiletware
- Boeke vir kinders en volwassenes
- Kos
- Maskers
- Ontsmettingsmiddels
Deel jou nuuswenke met ons via:
Telephone: 013 656 2490
WhatsApp: 060 866 8682
Email: wtbnews@mweb.co.za
Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms:
