Hulpstasies vir eMalahleni munisipale rekening navrae
Die Vryheids Forum Plus doen ‘n beroep op inwoners van eMalahleni om die vorige maand se rekeningbedrag te betaal om te voorkom dat elektrisiteit-dienste opgeskort word.
Soos reeds deur die Munisipaliteit van eMalahleni besluit en deur die WITBANK NUUS berig is, word inwoners van eMalahleni se aandag weer gevestig om op Saterdae en Sondae dié volgende plekke te besoek vir hulp met munisipale rekeningprobleme.
Daar sal by die volgende instansies hulpstasies beskikbaar wees om inwoners behulpsaam te assisteer met die bogenoemde probleem:
Highveld Mall
Ben Fleur Boulevard
KG Mall
Die Vryheids Forum Plus doen ‘n beroep op inwoners van eMalahleni om die vorige maand se rekeningbedrag te betaal om te voorkom dat elektrisiteit-dienste opgeskort word.
“Dit is belangrik dat die betalingsbewyse bewaar word,” het die VF+ raadslid, mnr. Willie van Dyk gesê.
Deel jou nuuswenke met ons:
Telefoon: 013 656 2490
WhatsApp: 060 866 8682
E-pos: wtbnews@mweb.co.za
Volg ons ook op:
Instagram, Twitter, Witbank News App, Facebook page, Witbank News Breaking