Local newsNews

4 000 pannekoeke in ’n japtrap gebak by Trappieskerk se aandmark

Ongeveer 4 000 pannekoeke is die naweek by die Trappieskerk se aandmark gebak.

Die Trappieskerk weet darem hoe om mark te hou.


Die kerk se gewilde aandmark het op 28 Augustus plaasgevind en dit was ’n reuse sukses.


Van die tafeltjies waar mense lekker gekuier het tot binne in die saal by die vars groente, die nagereg tafel en kerrie en rys tafel was dit besig.


Ds. Maans van Zyl het gesê hulle het so skuins voor die 4 000 pannekoeke gedraai.

LEES MEER NoddyTunes en Stormklanke se lied vir Brandon laat die trane rol


Ds. van Zyl het elkeen bedank wat kom inloer het en diegene wat so hard gewerk het, het sommer ’n ekstra dankie gekry vir die moeite wat in elke stalletjie gesit is.

LEES MEER Die natuurreservaat brand

Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,

Volg ons op  websiteFacebookX,  Instagram or TikTok

Epos: info@witbanknews.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Check Also
Close
Back to top button