Local newsNews

CMR kort dringend hulp

Die welstand en beskerming van kinders en gesinne is een van hul primêre doelwitte.

Die Christelike Maatskaplike Raad (CMR) Witbank is ʼn nie-winsgewende organisasie.

Dié organisasie se hoofdoel is om professionele maatskaplike dienste aan kinders, gesinne en kwesbare mense in en om eMalahleni te lewer.

Die CMR se vlerke span vanaf eMalahleni tot op omliggende plase en myne, die informele nedersettings van Spring Valley en Masakhane en Ogies, Vosman, Phola en Landau.

Die welstand en beskerming van kinders en gesinne is een van hul primêre doelwitte.

Dié doelwitte word ondersteun deur projekte soos:

  • Beskerming van kinders in tydelike veilige sorg, pleeghuise, kinder-/jeugsorgsentrums.
  • Hoë risiko kinders en gesinne – beskerming van mishandelde (fisies, seksueel en geestelik) verwaarloosde, verlate en weeskinders.
  • Kinders wat wees gelaat is deur vigs.
  • Voorkoming en opvoeding rakende kindermishandeling.

Oor die afgelope drie jaar het 745 kinders reeds by hierdie projek baat gevind.

Ons wil graag voortgaan om kinders, gesinne en die gemeenskappe by te staan.

Die huise wat onder die CMR Witbank sambreel is, is: Huis Shamah en Potterbakkerhuis, Agape Huis, Taaibos Huis, House of the Rising Sun, Ogies Huis, Rizpah Projek, en die Isibindi Projek.

Die CMR is afhanklik van die welwillendheid en ondersteuning van individue en organisasies om die finansiële kapitaal te verskaf om die organisasie vorentoe te laat beweeg en die deurslaggewende werk te doen wat hulle doen.

Weens huidige inperkingsreëls en die onstabiele ekonomiese klimaat is fondsinsamelingsprojekte minimaal.

Dit het veroorsaak dat die banksaldo van die CMR Witbank tot so ʼn vlak gedaal het dat sonder jou bystand – hul deure ongelukkig sal sluit. As jy kan help, skakel gerus 013 692 4862.

Deel jou nuuswenke met ons via: 

Telefoon: 013 656 2490

WhatsApp: 060 866 8682

Epos: info@witbanknews.co.za

Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms:

Instagram,

Twitter

Witbank News App

Facebook page

Witbank News Breaking

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Back to top button