Huis Betsie Louw-inwoners smeek vir ’n ‘groot’ televisie
HBL se inwoners hou asem op vir ’n splinternuwe groot televisie.
“Vra, jy kan net twee antwoorde kry en dit is ja of nee,” het pastoor Ledge Saunders se woorde opgeklink.
Die sinnetjie draai om die opknappingswerk wat tans by Huis Betsie Louw plaasvind.
Die huis vir gestremdes se televisiekamer trek ’n nuwe baadjie aan met ’n groot sitkamerstel en nuutgeverfde plafonne en mure.
“Alles is nou nuut en mooi,” nou hoop ons daar is ’n weldoener wat vir ons ’n televisie kan skenk,” het die inwoners gesê.
Die inwoners vra of iemand vir hulle ’n “groot” televisie sal skenk want hulle wil graag fliekaande hou.
“Ons gaan ‘popcorn’ kry en dan lekker fliek kyk in ons nuwe sitkamer in die winter,” het die koor stemme opgeklink.
As ’n weldoener ’n televisie wil skenk, kan hulle die volgende nommer skakel: Pastoor Ledge 082 851 4520.
LEES MEER OOR DIE DOEN EN LATE VAN HUIS BETSIE LOUW SE INWONERS
https://www.citizen.co.za/witbank-news/117767/kersfees-vir-huis-betsie-louw/?platform=hootsuite
Deel jou nuusbrokkies met ons: Telefoon: 013 656 2490, WhatsApp: 060 866 8682 of Epos: info@witbanknews.co.za Volg ons ook op dié sosiale media platforms: Instagram, Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking
