Local newsNews

Oud-onderwyser van Hoërskool Ogies oorlede

Dié oud-onnie van Ogies het geen nonsies in sy klas gevat nie.

Die hartseer nuus dat mnr. Dirk Coetzee gisteraand oorlede is, het die gemeenskap geruk.

Coetzee se seun, Gerrit, het gesê sy pa is in sy slaap dood.

Hy was in Eugene Marais Hospitaal toe hy ’n terugslag gekry het.

Coetzee se toestand het versleg nadat hy sewe weke gelede ’n tweede heupoperasie ondergaan het.

Daar word vermoed dat hy hartversaking gekry het.

“Dit is vir ons ’n reuse skok,” het Gerrit gesê.

Coetzee was ’n onderwyser by Hoërskool Ogies. Hy sal onthou word vir sy geen-nonsies-vat manier van klasgee nie.

“Ons gaan die ou man mis, nooit gedink die lewe is so kort nie, gedog pa sal altyd daar wees, pa het ons nou gelos. Pa het lekker goeie tye gehad,” het Coetzee se ander seun, Johan, op sosiale media geplaas.

Deel jou nuusbrokkies met ons – 

Telefoon: 013 656 2490, WhatsApp: 060 866 8682 of  Epos: info@witbanknews.co.za

Volg ons ook op dié sosiale media platforms: InstagramTwitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button