Laerskool Kragbron is baie bedrywig met die reëlings vir hulle fees wat binnekort gehou gaan word.
Dié skool is op soek na die Worsbraai-koning en natuurlik die vinnigste kaskar.
“Worsbraai bly nou maar lekker. Die wors wat jy braai moet ook net van die beste wees. Ons is op soek na die Worsbraai-koning,” het mnr. Gerhard Smit, hoof van Laerskool Kragbron gesê.
Mnr. André Mulder, ook van die laerskool het op WITBANK NUUS se webtuiste ’n paar worsmaak-geheime gedeel. Gaan kyk gerus op www.witbanknews.co.za.
Op die spyskaart vir die fees wat vir 27 Mei beplan word is ’n kaskarwedren, babaskou, Mnr. en Mej. Kragbron en daar gaan gepoog word om wêreldrekords te verbeter, die Worskoning gaan gekroon word en dan is daar ’n stoeigeveg waaroor daar baie opgewondenheid heers.
Wat is ’n fees nou sonder ’n kleur-oorlog, fliekaand, vlaggie ‘drop’, massa-akrobate, tombola en potjies wat se geure tot die feestelikheid bydrae.
As jy meer inligting wil hê, kan jy vir me. Jhay Botha bel by 083 655 1211.
Kyk die video:
Deel jou nuuswenke met ons via:
Telefoon: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682Epos: info@witbanknews.co.za
Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms:
Instagram Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking
