Kriel hou fees vir Jesus
Trek jou kalender nader en omkring 13 Augustus, want dit is wanneer Kriel vir Jesus op die rugbyvelde plaasvind.
Kom leer meer oor jouself en word geestelik sterker dié Augustus.
Ga-Nala (Kriel) gaan verryk word in God se liefde en dit beloof om ʼn dag vol lofprysing en gebed te wees vir jonk en oud.
Almal word uitgenooi om dié dag op Saterdag, 13 Augustus vanaf 08:00 tot 21:00 op Ga-Nala se rugbyveld by te woon. Almal is welkom van alle denominasies.
Die geleentheid sal gevul wees met baie bekende gesigte, soos Desmond Wessels, Anet Meintjies en Johan Brummer asook Willem Nortjé vir profesieë.
Sangers sluit in Renier Venter en Xena van Tonder. Kindervermaak word deur Talita Lombard aangebied.
Stalletjies gaan ook regstaan met heerlike kos en koffie. Daar is nog staanplek beskikbaar en kostes beloop R150 per stalletjie.
Vir meer inligting, skakel Riaan Nortjé: 076 694 4654 of Sharon Nortjé: 082 954 5542.
Deel jou nuusbrokkies met ons
Telefoon: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682 Epos: info@witbanknews.co.za
Of volg ons op sosiale media platforms
Instagram Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking
