CrimeLocal newsNews

Del Judor X4 inwoners is raadop met die Raad

Slaggate, gekapte teer en gemors wat agtergelaat word na konstruksiewerk is maar net ’n handjievol van die klagtes in Del Judor X4.

Talle klagtes is al gerapporteer aan die plaaslike munisipaliteit deur inwoners van Del Judor X4 – party strek sover terug as vier jaar gelede en steeds is daar geen reaksie van die munisipaliteit nie.

Herstelwerk is sowat ’n jaar gelede in Francisstraat gedoen, maar alles is net so gelos daarna.

Van die onderliggende probleme is slaggate, opgekapte teer, en gebrek aan terreinherstelling.

’n Randsteen in Audreystraat is ongeveer drie jaar gelede vir pyp herstelwerk verwyder, maar is nie vervang of weggeneem nie.

Inwoners het al verskeie kere hande in hul eie sakke gesteek om slaggate in die buurt reg te maak, het mnr. Stanley White, voorsitter van die inwonerskomitee en buurtwag van Del Judor X4, gesê.

“Wyk 34 het ’n volhoubare betalingspersentasie van bo 90% vir meeste maande, maar kry die minste dienslewering vanaf die stadsraad,” het me. Lizelle Steyn, wyksraadslid van Wyk 34, gesê.

Die randsteen wat in Francisstraat vir pyp herstelwerk verwyder is ongeveer vier jaar gelede, is nie vervang of weggeneem nie.

Lees die volle berig in volgende week se uitgawe van WITBANK NUUS.

Share your news tips via:

Telephone: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682 Email: info@witbanknews.co.za

Or follow us on WITBANK NEWS platforms:

InstagramTwitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button