Moenie die Trappieskerk se aandmark misloop nie
Die Trappieskerk se aandmark gaan sorg vir lekker basaarpoeding en allerlei ander lekker soetgoed.

Wat is nou lekkerder as basaarpoeding?
Jy kan Vrydag, 26 Augustus by die N.G. Kerk Witbank-Suid gaan inloer tydens hulle aandmark en vir jou ’n porsie gaan koop om aan te smul.
As daar so na die spyskaart geloer word, kan jy sommer Vrydag se aandete by die basaar gaan koop ‒ van hamburgers tot pannekoek, sosaties, ‘prego rolls’, kerrie en rys, boereworsrolle en wildsvleispasteie gaan te koop wees.
Jy kan ook gerus jou maand se vleisvoorraad kom aanvul tydens die aandmark.
Moenie net verby die wit olifanttafel loop nie, miskien kruip daar net iets weg wag jy dalk mag nodig hê.
Vir die kinders is daar ook baie vermaak.
Vir meer inligting oor die aandmark kontak die kerkkantoor:
013 656 4362.
Deel gerus jou nuusbrokkies met ons. Jy kan ons bel op 013 656 2490, epos op info@witbanknews.co.za of ons sosiale media skakels volg: Instagram, Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking
