Local newsNews

Die bod is toegeslaan op Moth Cottages

Daar was ’n groot verskeidenheid items waarop gebie kon word.

De La Route Aflaers het onlangs ’n veiling ten bate van die Moth Cottages gehou.

Sarie Holtzhausen.

Voornemende bieërs is by die deur verwelkom met ’n glasie sjerrie en was daarop uit om iewers ’n winskopie of twee op te tel, maar die groot doel op 31 Augustus was om fondse in te samel vir die Moths.

Dion Slabbert en sy dogter Ankia Slabbert.

Daar was ’n groot verskeidenheid items waarop gebie kon word en geen kommissie is gevra op die items nie.

Ursula Joubert en Thomas Russell.

Die organiseerders bedank elkeen wat die aand bygewoon het en ook ’n groot dankie aan al die mense en besighede wat goedere geskenk het om opgeveil te word.

Hansie en Yolandi Wilson.

Die bestuur van Del La Route het die aand as ’n groot sukses beskryf en sê dat hulle nog sulke tipe veilings vir die toekoms beplan.

Shela Bouwer en Bettie Grové (bestuurders van Moth Cottages).
Maraai Steynberg, Chris Steynberg en Johan Gouws.

Deel jou nuusbrokkies met ons Telefoon: 013 656 2490 of epos: info@witbanknews.co.za

Of volg ons op sosiale media platforms Instagram Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button