Local newsNews

Boere trek vermeende diewe vas

Die staalrame was reeds oopgesaag toe die polisie op die toneel aankom.

Vyf verdagtes het vanoggend in Ogies Landdroshof verskyn nadat vermoedelik gesteelde goedere in hul besit gekry is.

Die groep het hulself op 11 Oktober in die boere van die omgewing vasgeloop nadat hulle glo probeer het om staalrame te steel.

Die boere het gereageer nadat die vermeende diewe op ’n plaas in die omgewing opgemerk is, terwyl hulle glo die staalrame op ’n bakkie gelaai het.

Met die polisie se aankoms op die toneel het die boere om die wit Isuzu gestaan waarop die staalrame gelaai was.

Volgens die provinsiale polisiewoordvoerder, kolonel  Donald Mdhluli kan die moontlikheid nie uitgesluit word dat meer klagtes by die vyf se klagstate gevoeg word nie.

“Daar is op die vermoedelik gesteelde goedere, sowel as die bakkie beslag gelê,” het Mdhluli gesê.

Die verdagtes is tussen 18 en 29 jaar oud.

Deel jou nuusbrokkies met ons per Telefoon: 013 656 2490 Epos: info@witbanknews.co.za of volg ons op sosiale media platforms Instagram Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button