Local newsNews

Gewapende mans soek kluis in huis, bind vrou vas

Die voorval het in Uitbreiding 10 plaasgevind.

In ’n  rooftog vanoggend om 10:00 is ’n vrou uit haar bed gehaal deur gewapende mans.

Sy was alleen in haar kinders se huis in Uitbreiding 10. Haar kinders was nie op daardie stadium tuis nie.

Volgens die slagoffer was daar aanvanklik twee mans,“dit was eers net twee en toe later toe kom die ander, hulle wou by die bure se huis langsaan inkom,” het sy duidelik geskok op die toneel gesê.

Die mans het haar glo deur die huis geneem op soek na ’n kluis. Dit was duidelik dat sy hardhandig hanteer is met groot bloukolle duidelik sigbaar op haar arms.

Die verdagtes het die vrou glo vasgebind. Sy het na die voorval by haar buurvrou skuiling gaan soek.

Dit is nog nie duidelik of die verdagtes enigiets gebuit het nie.

Deel jou nuusbrokkies met ons Telefoon: 013 656 2490 Epos: info@witbanknews.co.za

Of volg ons op sosiale media platforms Instagram Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button