Leerlingraad hou musiekpret vir ’n paar ‘note’
Leerlingraad van Laerskool Kragbron het die ore laat tuit met ’n prettige ‘Noot-vir-Noot’ fondsinsamelinprojek op 28 Oktober.
Laerskool Kragbron se leerlingraad het die afgelope naweek ’n prettige ‘Noot-Vir-Noot’ aand gehou as ’n fondsinsamelingsprojek.
Die ‘Noot-Vir-Noot’ projek het plaasgevind op Vrydagaand, 28 Oktober, in samewerking met Musiekpret.

Die doel van die projek was meer as net om ’n paar geld-‘note’ in te samel. Die leiers van Laerskool Kragbron wil graag die ingesamelde fondse gebruik om ’n spesiale geskenk vir die skool na te laat aan die einde van die jaar.

Die leiers het regdeur die jaar reeds verskeie projekte en geleenthede aangebied vir dié doel met tonne entoesiasme en pret.
Daar is geen twyfel dat jong mense so spesiaal soos hulle sal slaag in hul doel om ’n spesiale geskenk agter te laat nie.

Ouers, onderwysers en kinders wat die aand bygewoon het, het vet pret gehad, en die aand was ’n sukses soos musiek vir die ore (of eerder, spaarvarkie).
Me. Drieka Janse van Rensburg, ma van die hoofseun, Connor Janse van Rensburg, wil graag die Laerskool Kragbron-gemeenskap bedank vir hul volgehoue ondersteuning.




Het jy ’n storie om te deel, dan kontak ons gerus: Telefoon: 013 656 2490 of Epos: info@witbanknews.co.za of volg ons op sosiale media platforms: Instagram, Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking
