Local newsNews

Nokuthula is Manjifieke Maroen se slimkop

Die Manjifieke Maroen se leerders is vereer vir al hulle harde werk die afgelope jaar.

Hoërskool Generaal Hertzog se leerders is onlangs vereer vir al hulle harde werk die afgelope jaar.

Dié skool het hul toekenningsaand op 26 Oktober gehad.

Senior Sportseun Ethan Kruger word deur mnr. Gerhardt van Rooyen (waarnemende hoof) gelukgewens.
Wihan Swanepoel is die senior kultuurseun 2022.

Nokuthula Thema is aangewys as die Dux-leerling van die jaar.

Nobuhle Mnisi en Tshepiso Myanga deel die trofee vir junior sportdogter van die jaar.

Hoërskool Generaal Hertzog se junior kultuurdogter en -kultuurseun is Tiana Havenga en Wicus Swanepoel.
Op die sportveld het die juniors Nobuhle Mnisi en Tshepiso Myanga uitgestaan. Hulle deel die junior sportdogter van die jaar trofee. Mnr. Gerhardt van Rooyen (waarnemende hoof) wens hulle geluk.

In kultuur het Karla Janse van Rensburg bo almal uitgestyg en het sy die trofee ontvang vir senior kultuurdogter van die jaar. Karla het op 15 Oktober tydens die Con Spirito Kunstefees se prysuitdeling weggestap met sewe nasionale toekennings.

Karla Janse van Rensburg is aangewys as die senior kultuurdogter 2022.
Betsva is Hoërskool Generaal Hertzog se senior sportdogter van die jaar. By haar is mnr. Gerhardt van Rooyen (waarnemende hoof).

Die skool se graad 12 leerders het op 21 Oktober hul onderskeie seremonies afgelê en die skool vir die laaste keer gegroet.

Die skool wens almal sterkte toe met die eksamen.

Matrikulant met die meeste deursettingsvermoë is Braam van der Walt. Me. Sarie Hibbert oorhandig die trofee aan hom.
Ayanda Mabena het erkenning ontvang vir stille weldoener van die jaar. Sy ontvang haar trofee van me. Sarie Hibbert.

Deel gerus jou stories met ons info@witbanknews.co.za or bel ons op 013 656 2490

Volg ons ook op sosiale media platforms: InstagramTwitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button