Dit sous katte en honde in Ga-Nala
Inwoners het magteloos toegekyk hoe die water in hul huise instroom.
Inwoners van Mooilaan in Ga-Nala moes die naweek inderhaas plan maak nadat die laagwaterbruggie wat verby hulle huise loop, oorstroom het.

Mnr. Mike Prinsloo het gesê dit is die eerste keer in die 25 jaar wat hy in die huis bly, dat so iets gebeur.
“Die aanhoudende reën verlede week en oor die naweek het die stroom in ’n rivier verander,” het Prinsloo gesê.
SIEN DIE VIDEO HIER: Die malende ‘rivier’ wat deur huise in Ga-Nala gestroom het
Hy het gesê hulle het vroeër die oggend gaan kyk, toe het die stroom sterk gevloei in die kanaal.
Skielik het alles ‘verstop’ toe die water nie meer deur die riete wat by die bruggie groei, kon deurvloei nie.

Die watermassa het oor die bruggie, oor die sokkerveld en rugbyveld in nabygeleë huise ingestroom.
SIEN DIE VIDEO HIER: Die watermassa het inwoners onverhoeds gevang
Inwoners het na die huise toe gehaas en begin om die gemors by die bruggie uit te trek.
Toe dit eers skoon is, het die water weer deurgeloop.
Een van die inwoners het gesê sy watermeter het oorgeloop na die onlangse reën.
Mnr. Rudo Erasmus het gesê die water se vloei was baie sterk en hulle moes vasstaan om die gemors wat by die bruggie opgehoop het, uit te haal.
Vanaf 7 November tot en met 14 November is 152mm reën by Witbankdam gemeet.
Deel jou nuusbrokkies met ons
Telefoon: 013 656 2490 Epos: info@witbanknews.co.za
Of volg ons op sosiale media platforms
Instagram Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking
