Waggies se sterre skitter tydens prysuitdeling
Leerders van Laerskool Onverwacht het met hope trofeë en sertifikate gepronk.
Laerskool Onverwacht se leerders is onlangs vereer vir hulle harde werk.

Die skool se prysuitdeling het op 10 November plaasgevind.

Jessica de Lange het trofeë ontvang vir beste vakprestasie in Afrikaans huistaal, sosiale wetenskap, lewensvaardigheid, natuurwetenskap, ekonomiese bestuurswetenskappe, kreatiewe kuns en tegnologie.

Sy is ook aangewys as die beste dogterstudent met ’n gemiddeld van 88.2%.

Benewens haar akademiese prestasies is sy ook aangewys as die senior landsdiener van die jaar, kultuurdogter van die jaar, Waggie van die jaar en het sy ook die trofee gewen vir leierskap.

Jessica het die leisels vasgehou as hoofdogter die afgelope jaar.

Nothani Buthelezi het die trofeë opgeraap vir beste vakprestasie in wiskunde, Engels huistaal en Afrikaans eerste addisionele taal.

Hy is aangewys as die beste seunstudent met ’n gemiddeld van 86.9%.

Hy is ook erken vir sy leierskap-eienskappe.

Hy was vanjaar die hoofseun.
Vir meer foto’s kliek gerus hier.
Deel jou nuuswenke met ons via: Telefoon: 013 656 2490 Epos: wtbnews@mweb.co.za Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms: InstagramTwitterWitbank News toepFacebook pageWitbank News Breaking
