Local newsNews

‘Fabulous’ vroue groet die jaar

Waar die Vroue Landbou-unie Nocturne-aandtak is, is daar altyd pret en plesier.

Die jaareind-geselligheid van die Vroue Landbou-unie Nocturne-aandtak het gesorg vir hope pret.

Me. Lenie Swan.

Dié tak het Saterdag, 26 November by De La Café ingeklok en om die kleurvolste tafels het die groep vriendinne gelag, gesels en al te lekker gesmul aan pienk en pers hoender gevulde pannekoeke.

Me. Karen Oberholzer.

Nadat me. Laura Swart met die mooiste dagstukkie geopen het, het Me. Lynette Wilsenach die leisels oorgeneem en die vroue eers ’n speletjie laat speel waartydens sy sekere waarnemings gemaak en dit in ’n motiveringspraatjie omgesit het.

Me. Sophia Engelbrecht

“Kyk vir jouself in die spieël en sê ‘môre fabulous’,” was haar raad aan die vroue. 

Me. Ansie Conradie.

Me. Wilma van Zyl het haar tak bedank vir ’n uitsonderlike jaar.

Me. Mudene Conradie.

Almal is bederf met ’n geskenkie of twee en daar is uitbundig uit een stem gehoor dat almal uitsien na volgende jaar. 

Me. Vikki van der Merwe.

Deel jou nuuswenke met ons via: Telefoon: 013 656 2490 Epos: wtbnews@mweb.co.za Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms: InstagramTwitterWitbank News toepFacebook pageWitbank News Breaking

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button